6 Dit was Moses, die kneg van Jehovah, en die kinders van Israel wat hulle verslaan het,+ waarna Moses, die kneg van Jehovah, dit aan die Rubeniete+ en die Gadiete+ en die helfte van die stam van Manasʹse+ as ’n besitting gegee het.
7 En aan die halwe stam van Manasʹse het Moses in Basan ’n deel geskenk,+ en aan die ander helfte daarvan het Josua ’n deel geskenk saam met hulle broers aan die kant van die Jordaan na die weste.+ Toe Josua hulle na hulle tente wegstuur, het hy hulle ook geseën.
18 Wat die seuns van Ruben en die Gadiete en die halwe stam van Manasʹse betref, van die dapper+ manne, manne wat die skild en swaard dra en die boog span en ervare in die oorlog is, vier-en-veertigduisend-sewehonderd-en-sestig het in die leër uitgetrek.+