16En die lot+ het vir die kinders van Josef+ uitgekom: van die Jordaan+ by Jeʹrigo af tot die waters van Jeʹrigo in die ooste, die wildernis wat van Jeʹrigo af na die bergstreek van Bet-El+ oploop.
11 Toe het die lot+ opgekom van die stam van die kinders van Benjamin+ volgens hulle families, en die gebied wat deur die lot aan hulle toegewys is, het tussen die kinders van Juda+ en die kinders van Josef+ gestrek.