4“Luister dan nou, o Israel, na die voorskrifte en die regterlike beslissings wat ek julle leer om na te kom, sodat julle kan lewe+ en inderdaad kan ingaan en die land in besit kan neem wat Jehovah, die God van julle voorvaders, aan julle gee.
10 die dag waarop jy voor Jehovah jou God in Horeb gestaan het,+ toe Jehovah vir my gesê het: ‘Laat die volk voor my bymekaarkom sodat ek hulle my woorde kan laat hoor,+ sodat hulle kan leer om my te vrees+ al die dae dat hulle op die aarde lewe en sodat hulle hulle kinders kan leer.’+