Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Levitikus 18:21
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 21 “‘En jy mag nie toelaat dat enigeen van jou nageslag aan Molog+ gewy word nie.+ Jy mag die naam van jou God nie op dié manier ontheilig nie.+ Ek is Jehovah.+

  • Deuteronomium 12:31
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 31 So mag jy nie handel met Jehovah jou God nie,+ want alles wat vir Jehovah verfoeilik is, wat hy haat, het hulle vir hulle gode gedoen, want selfs hulle seuns en hulle dogters verbrand hulle gereeld met vuur vir hulle gode.+

  • 2 Konings 16:3
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 3 En hy het in die weg van die konings van Israel gewandel,+ en hy het selfs sy eie seun deur die vuur laat gaan,+ volgens die verfoeilike+ dinge van die nasies wat Jehovah ter wille van die kinders van Israel verdryf het.

  • 2 Kronieke 28:3
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 3 En hy het offerrook+ in die vallei van die seun van Hinnom+ laat opgaan en sy seuns+ in die vuur verbrand, volgens die verfoeilike+ dinge van die nasies wat Jehovah voor die kinders van Israel uit verdryf het.+

  • Psalm 106:37
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 37 En hulle het hulle seuns

      En hulle dogters aan demone geoffer.+

  • Jeremia 19:5
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 5 En hulle het die hoogtes van die Baäl gebou om hulle seuns in die vuur te verbrand as heelbrandoffers aan die Baäl,+ iets wat ek nie beveel of van gepraat het nie+ en wat in my hart nie opgekom het nie.”’+

  • Jeremia 32:35
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 35 Verder het hulle die hoogtes van Baäl gebou+ wat in die vallei van die seun van Hinnom+ is, om hulle seuns en hulle dogters vir Molog+ deur die vuur te laat gaan,+ iets wat ek hulle nie beveel het nie,+ en ook het dit nie in my hart opgekom om hierdie verfoeilike ding te doen,+ om Juda te laat sondig nie.’+

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel