8 Toe ek dit sien, ja, omdat ontroue Israel egbreuk gepleeg het, het ek haar weggestuur+ en vir haar die brief van haar volle egskeiding gegee;+ tog het verraderlike Juda, haar suster, nie bang geword nie, maar sy het ook prostitusie gaan pleeg.+
14 “Keer terug, o afvallige kinders”,+ is die woord van Jehovah. “Want ek het julle eggenoot-eienaar geword;+ en ek sal julle neem, een uit ’n stad en twee uit ’n familie, en ek sal julle na Sion bring.+
3 En hulle het in Egipte prostitusie begin pleeg.+ In hulle jeug het hulle prostitusie gepleeg.+ Daar is hulle borste betas,+ en daar is hulle maagdelike borste gedruk.
30 Hierdie dinge sal aan jou gedoen word omdat jy soos ’n prostituut agter die nasies aan geloop het,+ omdat jy jou met hulle drekgode verontreinig het.+
4 Egbreeksters,+ weet julle nie dat die vriendskap met die wêreld vyandskap met God is nie?+ Elkeen dan wat ’n vriend+ van die wêreld wil wees, maak homself ’n vyand van God.+