8 Hulle het gou van die weg afgewyk wat ek hulle beveel het om te gaan.+ Hulle het vir hulle ’n gegote beeld van ’n kalf gemaak en hou aan om hulle daarvoor neer te buig en daaraan offerandes te bring en te sê: ‘Dit is jou God, o Israel, wat jou uit Egipteland laat optrek het.’”+
12 en Jehovah het vir my gesê: ‘Staan op, klim gou hiervandaan af, want jou volk wat jy uit Egipte uitgelei het, het verderflik gehandel.+ Hulle het gou afgewyk van die weg wat ek hulle beveel het. Hulle het vir hulle ’n gegote beeld gemaak.’+
7 En die volk het Jehovah gedien al die dae van Josua en al die dae van die ouer manne wie se dae ná dié van Josua voortgeduur het en wat al Jehovah se groot werke gesien het wat hy vir Israel gedoen het.+