Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Rigters 3:10
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 10 Die gees+ van Jehovah het toe op hom gekom, en hy het die rigter van Israel geword. Toe hy uittrek om oorlog te voer, het Jehovah Kuʹsan-Risataʹim, die koning van Sirië, in sy hand gegee sodat sy hand Kuʹsan-Risataʹim oorweldig het.+

  • Rigters 11:29
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 29 Jehovah se gees het toe op Jefta gekom,+ en hy het deur Giʹlead en Manasʹse getrek en het deur Mispe in Giʹlead+ getrek, en van Mispe in Giʹlead af het hy verder getrek na die kinders van Ammon.

  • Rigters 13:25
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 25 Na verloop van tyd het Jehovah se gees+ hom in Maʹhane-Dan+ tussen Sora+ en Estaʹol+ begin aandryf.

  • Rigters 14:6
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 6 Toe het Jehovah se gees oor hom werksaam geword,+ sodat hy dit in twee geskeur het, soos iemand ’n jong bokram in twee skeur, en daar was hoegenaamd niks in sy hand nie. En hy het nie vir sy vader of sy moeder vertel wat hy gedoen het nie.

  • Rigters 15:14
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 14 Wat hom betref, hy het tot by Legi gekom, en wat die Filistyne betref, hulle het uitgelate geskreeu toe hulle hom tegemoetkom.+ En Jehovah se gees+ het oor hom werksaam geword, en die toue wat aan sy arms was, het soos linnedrade geword wat met vuur verskroei is,+ sodat sy boeie van sy hande afgesmelt het.

  • Jesaja 63:11
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 11 En daar is aan die dae van lank gelede gedink, aan sy kneg Moses: “Waar is die Een wat hulle uit die see laat optrek+ het saam met die herders van sy kudde?+ Waar is die Een wat Sy heilige gees in hom geplaas het?+

  • Sagaria 4:6
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 6 Toe het hy geantwoord en vir my gesê: “Dit is die woord van Jehovah aan Serubbaʹbel, wat lui: ‘“Nie deur ’n krygsmag+ of deur krag nie,+ maar deur my gees”,+ het Jehovah van die leërs gesê.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel