3 Maar sy vader en sy moeder het vir hom gesê: “Is daar nie onder die dogters van jou broers en onder my hele volk ’n vrou nie,+ sodat jy uit die onbesnede Filistyne ’n vrou gaan neem?”+ Nogtans het Simson vir sy vader gesê: “Neem háár vir my, want sy is net reg in my oë.”
18 Toe het hy baie dors geword, en hy het Jehovah begin aanroep en gesê: “U het hierdie groot redding in die hand van u kneg gegee,+ en sal ek nou van dors sterf en moet ek in die hand van die onbesnedenes val?”+
36 U kneg het die leeu sowel as die beer doodgemaak; en hierdie onbesnede Filistyn+ sal soos een van hulle word, want hy het die gevegslinies+ van die lewende God+ uitgetart.”+
4 Toe het Saul vir sy wapendraer gesê:+ “Trek jou swaard+ en deurboor my daarmee, sodat hierdie onbesnede+ manne nie kom en my beslis smadelik behandel+ nie.” En sy wapendraer wou nie,+ omdat hy baie bang was. Daarop het Saul die swaard geneem en daarop geval.+
26 van Egipte+ en van Juda+ en van Edom+ en van die kinders van Ammon+ en van Moab+ en van almal waarvan die hare aan die slape weggeknip is, wat in die wildernis woon;+ want al die nasies is onbesnede, en die hele huis van Israel is onbesnede van hart.”+