6 “‘Wat die siel betref wat hom tot die geestemediums+ en die beroepsvoorspellers+ van gebeure wend om onsedelike gemeenskap met hulle te hê, ek sal beslis my aangesig teen dié siel rig en hom uitroei onder sy volk uit.+
10 Daar mag niemand onder jou gevind word wat sy seun of sy dogter deur die vuur laat gaan,+ wat van waarsêery gebruik maak,+ die toorkuns beoefen+ of voortekens soek+ of wat ’n towenaar is nie,+
3 En Samuel het gesterf, en die hele Israel het oor hom geweeklaag en hom in Rama, sy eie stad, begrawe.+ Wat Saul betref, hy het die geestemediums en die beroepsvoorspellers van gebeure uit die land verwyder.+
13 So het Saul gesterf weens sy ontrouheid waarmee hy troueloos+ teenoor Jehovah gehandel het met betrekking tot die woord van Jehovah wat hy nie onderhou het nie en ook omdat hy ’n geestemedium+ gevra het om navraag te doen.
19 En as hulle vir julle sou sê: “Wend julle tot die spiritistiese mediums+ of tot dié wat ’n voorspellende gees het, wat piep+ en mompel”—moet ’n volk hom nie tot sy God wend nie?+ Moet mense hulle wend tot die dooies ten behoewe van die lewendes?+