16Uiteindelik het Jehovah vir Samuel gesê: “Hoe lank sal jy oor Saul treur,+ terwyl ek hom daarenteen verwerp het om as koning oor Israel te heers?+ Vul jou horing met olie+ en gaan. Ek sal jou na Isai,+ die Betlehemiet, stuur, want ek het onder sy seuns vir my ’n koning uitgesoek.”+
7 Het ek ooit, in al die tyd dat ek onder al die kinders van Israel rondgetrek het,+ met een van die stamme van Israel+ wat ek beveel het om my volk Israel as herder te lei, ’n woord gespreek en gesê: ‘Waarom het julle nie vir my ’n huis van sederhout gebou nie?’”’