17 Toe het hulle die ark van Jehovah ingebring en dit op sy plek gesit binne-in die tent wat Dawid daarvoor opgeslaan het;+ waarna Dawid brandoffers+ en gemeenskapsoffers+ voor Jehovah gebring het.
15En hy het voortgegaan om vir hom huise+ te bou in die Stad van Dawid; en hy het vir die ark van die ware God ’n plek gereedgemaak+ en ’n tent daarvoor opgeslaan.
16So het hulle die ark van die ware God ingebring+ en dit binne-in die tent gesit wat Dawid daarvoor opgeslaan het;+ en hulle het brandoffers en gemeenskapsoffers voor die ware God begin aanbied.+