18Toe het die hele vergadering van die kinders van Israel in Silo+ bymekaargekom, en hulle het die tent van samekoms daar opgerig,+ aangesien die land nou voor hulle onderwerp was.+
3 Toe die manskappe in die kamp kom, het die ouer manne van Israel begin sê: “Waarom het Jehovah ons vandag voor die Filistyne verslaan?+ Laat ons die ark van Jehovah se verbond+ uit Silo na ons toe bring, sodat dit onder ons kan inkom en ons uit die palm van ons vyande kan red.”
29 En in dié tyd het Jeroʹbeam uit Jerusalem uitgegaan, en die profeet Ahiʹa,+ die Siloniet,+ het hom op die pad gekry, en Ahiʹa het hom met ’n nuwe kleed bedek; en hulle twee was alleen in die veld.
12 “‘Maar gaan nou na my plek wat in Silo was,+ waar ek my naam eers laat woon het,+ en kyk wat ek daaraan gedoen het weens die slegtheid van my volk Israel.+