16 Maar hulle het voortdurend die boodskappers van die ware God uitgelag+ en sy woorde verag+ en met sy profete die spot gedryf,+ totdat die woede+ van Jehovah teen sy volk opgekom het, totdat daar geen genesing was nie.+
14 In Sion verkeer die sondaars in angs;+ bewing het die afvalliges aangegryp:+ ‘Wie van ons kan selfs net ’n ruk lank by ’n verterende vuur vertoef?+ Wie van ons kan selfs net ’n ruk lank by langdurige brande vertoef?’+
20 Daarom, só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: ‘Kyk! My toorn en my woede word oor hierdie plek uitgestort,+ oor die mense en oor die mak diere, en oor die bome van die veld+ en oor die vrugte van die grond; en dit sal brand, en dit sal nie geblus word nie.’+
27 “‘“Maar as julle my nie gehoorsaam deur die sabbatdag te heilig en geen vrag te dra nie,+ maar mense op die sabbatdag daarmee deur die poorte van Jerusalem inkom, dan sal ek ’n vuur in sy poorte aansteek,+ en dit sal beslis die woontorings van Jerusalem+ verteer en nie uitgeblus word nie.”’”+