Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Levitikus 26:33
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 33 En ek sal julle onder die nasies verstrooi,+ en ek sal agter julle ’n swaard uittrek;+ en julle land sal ’n woesteny word,+ en julle stede sal ’n verlate puinhoop word.

  • Deuteronomium 4:26
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 26 dan neem ek vandag die hemel en die aarde as getuies teen julle+ dat julle sekerlik gou uit die land sal vergaan waarheen julle deur die Jordaan trek om dit in besit te neem. Julle sal julle dae daarin nie verleng nie, want julle sal sekerlik verdelg word.+

  • Deuteronomium 28:36
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 36 Jehovah sal jou+ en jou koning+ wat jy oor jou sal aanstel, na ’n nasie laat gaan wat jy nie geken het nie, nie jy of jou voorvaders nie; en daar sal jy ander gode moet dien, van hout en van klip.+

  • Deuteronomium 28:64
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 64 “En Jehovah sal jou beslis onder al die volke verstrooi, van die een einde van die aarde tot die ander einde van die aarde,+ en daar sal jy ander gode moet dien, hout en klip,+ wat jy nie geken het nie, nie jy of jou voorvaders nie.

  • 2 Konings 23:27
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 27 Maar Jehovah het gesê: “Ook Juda+ sal ek onder my oë uit verwyder,+ net soos ek Israel+ verwyder het; en ek sal beslis hierdie stad verwerp wat ek uitgekies het, ja, Jerusalem, en die huis waarvan ek gesê het: ‘My naam sal daar bly.’”+

  • Jeremia 24:9
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 9 ek sal hulle ook ’n voorwerp van bewing, van rampspoed, maak in al die koninkryke van die aarde,+ ’n smaad en ’n spreekwoord, ’n spot+ en ’n vervloeking,+ in al die plekke waarheen ek hulle sal verstrooi.+

  • Jeremia 25:11
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 11 En hierdie hele land sal ’n verwoeste plek word, ’n voorwerp van verbasing, en hierdie nasies sal die koning van Babilon sewentig jaar lank moet dien.”’+

  • Esegiël 12:25
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 25 ‘“Want ek, Jehovah, sal die woord spreek wat ek sal spreek, en dit sal uitgevoer word.+ Daar sal geen uitstel meer wees nie,+ want in julle dae,+ o opstandige huis, sal ek ’n woord spreek en dit beslis uitvoer”, is die woord van die Soewereine Heer Jehovah.’”

  • Esegiël 24:14
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 14 Ek, Jehovah, het gespreek.+ Dit sal kom,+ en ek sal optree. Ek sal dit nie nalaat nie,+ ook sal ek nie jammer+ of spyt voel nie.+ Volgens jou weë en volgens jou handelinge sal hulle jou beslis oordeel’,+ is die woord van die Soewereine Heer Jehovah.”

Afrikaanse publikasies (1975-2021)
Teken af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2021 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel