13 Hierop het Samuel vir Saul gesê: “Jy het dwaas opgetree.+ Jy het nie die gebod+ van Jehovah jou God onderhou wat hy jou beveel het nie,+ want as jy het, sou Jehovah jou koninkryk tot onbepaalde tyd oor Israel bevestig het.
23 want opstandigheid+ is dieselfde as die sonde van waarsêery,+ en om vermetel vooruit te dring dieselfde as die gebruik van towerkrag en teraʹfim.+ Aangesien jy die woord van Jehovah verwerp het,+ verwerp hy jou ook as koning.”+