31 “‘Julle moet julle nie tot die geestemediums wend nie,+ en moenie beroepsvoorspellers van gebeure raadpleeg,+ sodat julle deur hulle onrein word nie. Ek is Jehovah julle God.
6 “‘Wat die siel betref wat hom tot die geestemediums+ en die beroepsvoorspellers+ van gebeure wend om onsedelike gemeenskap met hulle te hê, ek sal beslis my aangesig teen dié siel rig en hom uitroei onder sy volk uit.+
7 Uiteindelik het Saul vir sy knegte gesê: “Soek vir my ’n vrou wat ’n meesteres van geestemediumskap+ is, en ek sal na haar toe gaan en haar raadpleeg.” Toe het sy knegte vir hom gesê: “Kyk! In En-Dor+ is daar ’n vrou wat ’n meesteres van geestemediumskap is.”
19 En as hulle vir julle sou sê: “Wend julle tot die spiritistiese mediums+ of tot dié wat ’n voorspellende gees het, wat piep+ en mompel”—moet ’n volk hom nie tot sy God wend nie?+ Moet mense hulle wend tot die dooies ten behoewe van die lewendes?+
16 En terwyl ons op pad was na die bidplek, het ’n sekere diensmeisie met ’n gees,+ ’n waarsêende+ demoon, ons tegemoetgekom. Sy het aan haar here groot wins verskaf+ deur die voorspelkuns te beoefen.