20 En toe die hele Israel hoor dat Jeroʹbeam teruggekeer het, het hulle dadelik gestuur en hom na die vergadering laat roep en hom koning oor die hele Israel gemaak.+ Niemand het ’n volgeling van die huis van Dawid geword nie, behalwe die stam Juda alleen.+
11Toe Rehaʹbeam in Jerusalem aankom,+ het hy onmiddellik die huis van Juda en Benjamin+ bymekaar laat kom, honderd-en-tagtigduisend uitgesoekte weerbare manne,+ om teen Israel te veg ten einde die koninkryk na Rehaʹbeam terug te bring.