3En die hoëpriester Elʹjasib+ en sy broers, die priesters, het opgestaan en die Skaappoort+ gebou. Hulle het dit geheilig+ en sy deure ingesit; en tot by die Meatoring+ het hulle dit geheilig, tot by die Hanaʹneltoring.+
6 En die Poort van die Ou Stad+ is deur Joʹjada, die seun van Paseʹag, en Mesulʹlam, die seun van Besodʹja, herstel; hulle het dit met balke gebou en toe sy deure en sy sluitbalke en sy grendels ingesit.+
13 Die Valleipoort+ is deur Hanun en die inwoners van Sanoʹag+ herstel; hulle het dit gebou en toe sy deure,+ sy sluitbalke+ en sy grendels+ ingesit, ook duisend el aan die muur tot by die Aspoort.+