23 “‘Die grond moet dus nie vir altyd verkoop word nie,+ want die land is myne.+ Want julle is inwonende vreemdelinge en bywoners vanuit my standpunt.+
15 Want ons is inwonende vreemdelinge voor u, en bywoners,+ soos al ons voorvaders. Soos ’n skaduwee is ons dae op die aarde+ en daar is geen hoop nie.
17 Verder, as julle die Vader aanroep wat onpartydig+ volgens elkeen se werk oordeel, moet julle julle gedurende die tyd van julle vreemdelingskap+ met vrees gedra.+
11 Geliefdes, ek vermaan julle as vreemdelinge en tydelike inwoners+ om julle deurentyd van vleeslike begeertes te onthou,+ wat juis dié is wat ’n stryd teen die siel voer.+