18 En die hele berg Siʹnai het gerook,+ omdat Jehovah in vuur daarop neergedaal het;+ en sy rook het bly opstyg soos die rook van ’n droogoond,+ en die hele berg het geweldig gebewe.+
24 Toe het julle gesê: ‘Kyk, Jehovah ons God het ons sy heerlikheid en sy grootheid getoon, en ons het sy stem uit die vuur gehoor.+ Vandag het ons gesien dat God met die mens kan praat en hy tog kan bly lewe.+