17 “Ontwaak, ontwaak, staan op, o Jerusalem,+ jy wat uit die hand van Jehovah sy beker van woede gedrink het.+ Die kelk, die beker wat waggeling veroorsaak, het jy gedrink, leeggemaak.+
12 Want só het Jehovah gesê: “Kyk! Hoewel dit nie hulle gewoonte is om die beker te drink nie, sal hulle vir seker drink.+ En jy, sal jy heeltemal ongestraf bly? Jy sal nie ongestraf bly nie, want jy sal vir seker drink.”+
10 sal hy ook van die wyn van die toorn van God drink wat onverdun in die beker van sy gramskap ingeskink is,+ en hy sal ten aanskoue van die heilige engele en ten aanskoue van die Lam met vuur en swael+ gepynig word.+
19 En die groot stad+ het in drie dele geskeur, en die stede van die nasies het geval; en Babilon die Grote+ is voor die aangesig van God in herinnering gebring, om haar die beker van die wyn van die toorn van sy gramskap te gee.+
6 Vergeld haar net soos sy self vergeld het,+ en doen aan haar twee keer soveel, ja, twee keer die aantal dinge wat sy gedoen het;+ sit in die beker+ waarin sy ’n mengsel gesit het, vir haar twee keer+ soveel van die mengsel.+