23 En gedurende daardie baie dae het die koning van Egipte uiteindelik gesterf,+ maar die kinders van Israel het steeds gesug weens die slawearbeid en ’n klaaggeroep laat opgaan,+ en hulle hulpgeroep het tot die ware God bly opgaan weens die slawearbeid.+
10 Toe Farao naby kom, het die kinders van Israel hulle oë opgeslaan, en kyk, die Egiptenaars het agter hulle aan getrek; en die kinders van Israel het baie bang geword en tot Jehovah begin roep.+