15 En die sewende engel het op sy trompet geblaas.+ En daar het harde stemme in die hemel gekom wat sê: “Die koninkryk van die wêreld het die koninkryk van ons Here+ en van sy Christus geword,+ en hy sal vir ewig en altyd as koning heers.”+
6 En ek het iets gehoor wat soos ’n stem van ’n groot menigte was en soos ’n geluid van baie waters en soos ’n geluid van swaar donderslae. Hulle het gesê: “LOOF Jah,+ want Jehovah ons God, die Almagtige,+ het as koning begin heers.+