8 Hulle het gou van die weg afgewyk wat ek hulle beveel het om te gaan.+ Hulle het vir hulle ’n gegote beeld van ’n kalf gemaak en hou aan om hulle daarvoor neer te buig en daaraan offerandes te bring en te sê: ‘Dit is jou God, o Israel, wat jou uit Egipteland laat optrek het.’”+
20 Toe het Samuel vir die volk gesê: “Moenie bang wees nie.+ Julle—julle het al hierdie kwaad gedoen. Moet net nie daarvan afwyk om Jehovah te volg nie,+ en julle moet Jehovah met julle hele hart dien.+
21 Want dit sou vir hulle beter gewees het as hulle die weg van regverdigheid nie noukeurig geken het nie,+ as dat hulle, nadat hulle dit noukeurig geken het, hulle afkeer van die heilige gebod wat aan hulle oorgelewer is.+
23 red hulle+ deur hulle uit die vuur te ruk.+ Maar hou aan om barmhartigheid aan ander te bewys, en dít met vrees, terwyl julle ook die onderkleed haat wat deur die vlees bevlek is.+