30 En aan al die wilde diere van die aarde en aan al die voëls van die hemel en aan alles wat op die aarde kruip waarin daar lewe as ’n siel is, het ek al die groen plante as voedsel gegee.”+ En dit was so.
5 En Agab het vir Obadʹja gesê: “Trek deur die land na al die waterfonteine en na al die stroomvalleie. Miskien kan ons groen gras vind,+ sodat ons die perde en muile aan die lewe kan hou en daar nie nog meer van die diere uitgeroei word nie.”+
6 En die sebras+ het op die kaal heuwels bly staan; hulle het die wind opgesnuif soos die jakkalse; hulle oë het ingegee, omdat daar geen plantegroei is nie.+
22 Moenie bevrees wees nie, diere van die oop veld,+ want die weivelde van die wildernis sal beslis groen word.+ Want die boom sal sy vrugte gee.+ Die vyeboom en die wingerdstok moet hulle lewenskragtigheid gee.+