10 “En wanneer Jehovah jou God jou in die land bring wat hy aan jou voorvaders Abraham, Isak en Jakob met ’n eed beloof het om aan jou te gee,+ met groot en mooi stede wat jy nie gebou het nie,+
23 So het Josua die hele land geneem, volgens alles wat Jehovah Moses beloof het,+ en Josua het dit toe as ’n erfdeel aan Israel gegee volgens hulle dele, volgens hulle stamme.+ En die land het rus gehad van oorlog.+
43 So het Jehovah aan Israel die hele land gegee wat hy met ’n eed beloof het om aan hulle voorvaders te gee,+ en hulle het dit in besit geneem+ en daarin gewoon.
22 “En u het aan hulle koninkryke en volke gegee+ en dit stuk vir stuk uitgedeel;+ sodat hulle die land van Sihon,+ ja, die land van die koning van Hesbon,+ en die land van Og,+ die koning van Basan,+ in besit geneem het.
45 En ons voorvaders wat dit oorgeneem het, het dit ook saam met Josua+ in die land ingebring wat deur die nasies besit is,+ wat God voor ons voorvaders uit verdryf het.+ Hier het dit tot die dae van Dawid gebly.