7 Daarom, só het Jehovah van die leërs gesê: “Kyk, ek smelt hulle, en ek sal hulle toets,+ want hoe sal ek anders handel weens die dogter van my volk?+
9 En ek sal beslis die derde deel deur die vuur bring;+ en ek sal hulle louter soos silwer gelouter word+ en hulle toets soos goud getoets word.+ Dit sal my naam aanroep, en ek sal dit antwoord.+ Ek sal sê: ‘Dit is my volk’,+ en dit sal dan sê: ‘Jehovah is my God.’”+
3 En hy sal sit as ’n louteraar en reiniger van silwer+ en sal die seuns van Levi reinig;+ en hy sal hulle suiwer soos goud+ en soos silwer, en hulle sal beslis vir Jehovah mense word wat ’n offergawe in regverdigheid aanbied.+
7 sodat die beproefde hoedanigheid van julle geloof,+ wat van baie groter waarde is as goud wat vergaan al word dit deur vuur getoets,+ by die openbaring+ van Jesus Christus ’n rede tot lof en heerlikheid en eer bevind kan word.