31 So mag jy nie handel met Jehovah jou God nie,+ want alles wat vir Jehovah verfoeilik is, wat hy haat, het hulle vir hulle gode gedoen, want selfs hulle seuns en hulle dogters verbrand hulle gereeld met vuur vir hulle gode.+
3 En hy het in die weg van die konings van Israel gewandel,+ en hy het selfs sy eie seun deur die vuur laat gaan,+ volgens die verfoeilike+ dinge van die nasies wat Jehovah ter wille van die kinders van Israel verdryf het.
17 en hulle het aangehou om hulle seuns en hulle dogters deur die vuur te laat gaan+ en waarsêery te beoefen+ en voortekens te soek,+ en hulle het hulleself bly verkoop+ om te doen wat sleg was in die oë van Jehovah, om hom aanstoot te gee.+
5 dié wat die hartstog prikkel onder groot bome,+ onder elke blaarryke boom,+ wat die kinders in die stroomvalleie onder die skeure van die kranse slag?+
31 En hulle het die hoogtes van Tofet+ gebou, wat in die vallei van die seun van Hinnom+ is, om hulle seuns en hulle dogters in die vuur te verbrand,+ iets wat ek nie beveel het nie en wat in my hart nie opgekom het nie.’+
20 “‘En jy het jou seuns en jou dogters geneem wat jy vir my gebaar het,+ en jy het dié aan hulle geoffer om verteer te word+—is dit nie genoeg van jou dade van prostitusie nie?
20 Nee; maar ek sê dat die nasies die dinge wat hulle offer, aan demone offer+ en nie aan God nie; en ek wil nie hê dat julle deelgenote met die demone+ moet word nie.