-
2 Samuel 24:16Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
-
-
16 En die engel+ het sy hand na Jerusalem uitgesteek gehou om dit te verwoes; en Jehovah het begin spyt voel+ oor die rampspoed, en daarom het hy vir die engel wat die verwoesting onder die volk aangerig het, gesê: “Dit is genoeg! Laat nou jou hand sak.” En Jehovah se engel was naby die dorsvloer van Arauʹna,+ die Jebusiet.+
-
-
Psalm 69:16Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
-
-
16 Antwoord my, o Jehovah, want u liefderyke goedhartigheid is goed.+
Wend u tot my volgens die veelheid van u barmhartighede,+
-
Jesaja 63:7Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
-
-
7 Die liefderyke goedhartighede van Jehovah sal ek vermeld,+ die lofprysinge van Jehovah, ooreenkomstig alles wat Jehovah aan ons bewys het,+ ja, die oorvloedige goedheid teenoor die huis van Israel+ wat hy aan hulle bewys het ooreenkomstig sy barmhartighede+ en ooreenkomstig die oorvloed van sy liefderyke goedhartighede.
-
-
-