18 “KOM nou, en laat ons sake regstel tussen ons”, sê Jehovah.+ “Al sou julle sondes soos skarlaken wees, dit sal wit soos sneeu gemaak word;+ al sou dit rooi soos karmosyn stof wees, dit sal soos wol word.
20 “En in dié dae en in dié tyd”,+ is die woord van Jehovah, “sal die oortreding van Israel gesoek word,+ maar dit sal daar nie wees nie; en die sondes van Juda,+ en hulle sal nie gevind word nie, want ek sal dié vergewe wat ek laat oorbly.”+