3 Wie daar ook al onder julle is van sy hele volk, mag sy God met hom wees.+ En laat hom optrek na Jerusalem, wat in Juda is, en die huis van Jehovah, die God van Israel—hy is die ware God+—herbou wat in Jerusalem was.+
12 En hy sal beslis ’n baken vir die nasies oprig en die verstrooides van Israel versamel;+ en die verstrooides van Juda sal hy uit die vier uithoeke van die aarde bymekaarmaak.+
3 Alle bewoners van die vrugbare land+ en bewoners van die aarde, julle sal ’n gesig sien soos wanneer daar ’n baken op die berge opgerig word,+ en julle sal ’n geluid hoor soos wanneer daar op ’n horing geblaas word.+
22 Só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: “Kyk! Ek sal my hand na die nasies ophef,+ en vir die volke sal ek my baken oprig.+ En hulle sal jou seuns in die boesem bring, en op die skouer sal hulle jou dogters dra.+