-
Eksodus 10:19Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
-
-
19 Toe het Jehovah die wind laat omslaan in ’n baie stywe westewind, en dit het die sprinkane weggevoer en hulle in die Rooi See gedryf. Nie ’n enkele sprinkaan het in die hele gebied van Egipte oorgebly nie.
-
-
Jesaja 50:2Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
-
-
2 Waarom was daar niemand toe ek gekom het nie?+ Waarom het niemand geantwoord toe ek geroep het nie?+ Het my hand in werklikheid so kort geword dat dit nie kan verlos nie,+ of is daar in my geen krag om te bevry nie? Kyk! Met my bestrawwing+ laat ek die see opdroog;+ ek maak riviere ’n wildernis.+ Hulle visse stink omdat daar geen water is nie, en hulle sterf van dors.+
-