27 Kyk! Die naam van Jehovah kom van ver af, brandend met sy toorn+ en met swaar wolke. Wat sy lippe betref, hulle is vol veroordeling, en sy tong is soos ’n verterende vuur.+
14 Daarom, só het Jehovah, die God van die leërs, gesê: “Omdat julle dit sê, kyk, ek maak my woorde in jou mond ’n vuur,+ en hierdie volk sal stukke hout wees, en dit sal hulle beslis verteer.”+
9 En ek het gesê: “Ek sal nie van hom melding maak nie, en ek sal nie meer in sy naam spreek nie.”+ En in my hart was dit soos ’n brandende vuur, opgesluit in my gebeente; en ek het moeg geword om dit in te hou, en ek kon dit nie verduur nie.+