Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • 2 Konings 17:13
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 13 en Jehovah het Israel+ en Juda+ deur middel van al sy profete+ en elke siener+ bly waarsku+ en gesê: “Keer julle van julle slegte weë af+ en onderhou my gebooie,+ my insettinge,+ volgens die hele wet+ wat ek julle voorvaders beveel het+ en wat ek deur middel van my knegte, die profete, aan julle gestuur het”;+

  • Jesaja 55:7
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 7 Laat die goddelose sy weg verlaat+ en die slegte mens sy gedagtes;+ en laat hom tot Jehovah terugkeer, wat hom barmhartig sal wees,+ en tot ons God, want hy sal ryklik vergewe.+

  • Jeremia 18:11
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 11 “En sê nou asseblief vir die manne van Juda en vir die inwoners van Jerusalem: ‘Só het Jehovah gesê: “Kyk, ek berei rampspoed voor teen julle en dink ’n gedagte teen julle.+ Keer asseblief terug, elkeen van sy slegte weg, en maak julle weë en julle handelinge goed.”’”+

  • Jeremia 35:15
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 15 En ek het al my knegte, die profete, na julle toe bly stuur,+ ja, vroeg opgestaan en hulle gestuur, en gesê: ‘Keer asseblief terug, elkeen van sy slegte weg,+ en maak julle handelinge goed,+ en moenie agter ander gode aan loop om hulle te dien nie.+ En woon in die land wat ek aan julle en aan julle voorvaders gegee het.’+ Maar julle het nie gehoor gegee nie, en ook het julle nie na my geluister nie.+

  • Esegiël 18:30
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 30 “‘Daarom sal ek julle oordeel, elkeen volgens sy weë,+ o huis van Israel’, is die woord van die Soewereine Heer Jehovah.+ ‘Keer terug, ja, keer julle af van al julle oortredings,+ en laat niks vir julle ’n struikelblok wees wat oortreding veroorsaak nie.+

  • Esegiël 33:11
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 11 Sê vir hulle: ‘“So waar as ek lewe”, is die woord van die Soewereine Heer Jehovah, “ek skep geen behae in die dood van die goddelose nie,+ maar daarin dat ’n goddelose hom van sy weg afkeer+ en bly lewe.+ Keer julle af, keer julle af van julle slegte weë,+ want waarom sou julle sterf, o huis van Israel?”’+

  • Jona 3:8
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 8 En laat hulle hulle met saklinne bedek, mens en mak dier; en laat hulle met alle mag tot God roep en terugkeer,+ elkeen van sy slegte weg en van die geweld wat in hulle hande was.

  • Sagaria 1:4
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 4 “‘Moenie soos julle vaders word nie,+ tot wie die vroeëre profete geroep+ en gesê het: “Só het Jehovah van die leërs gesê: ‘Keer asseblief terug van julle slegte weë en van julle slegte handelinge.’”’+

      “‘Maar hulle het nie geluister nie, en hulle het geen aandag aan my geskenk nie’,+ is die woord van Jehovah.

  • Maleagi 3:7
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 7 Van die dae van julle voorvaders af het julle van my voorskrifte afgewyk en dit nie onderhou nie.+ Keer terug tot my, en ek sal tot julle terugkeer”,+ het Jehovah van die leërs gesê.

      En julle het gesê: “In watter opsig sal ons terugkeer?”

  • 2 Petrus 3:9
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 9 Jehovah is nie traag met betrekking tot sy belofte,+ soos party mense traagheid beskou nie, maar hy is geduldig met julle omdat hy nie wil hê dat enigeen vernietig moet word nie, maar wil hê dat almal tot berou moet kom.+

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel