12 Wanneer hulle vas, luister ek nie na hulle smekende geroep nie;+ en wanneer hulle die heelbrandoffer en die graanoffer bring, het ek geen behae in hulle nie;+ want deur die swaard en deur die hongersnood en deur die pes maak ek ’n einde aan hulle.”+
2 ’n Derde moet jy in die stad met vuur verbrand sodra die dae van die beleëring vervul is.+ En jy moet nog ’n derde neem. Jy moet dit rondom die stad met die swaard slaan,+ en die laaste derde moet jy in die wind strooi, en ek sal ’n swaard agter hulle uittrek.+
9 Eindelik het ek gesê: “Ek sal julle nie meer as herder oppas nie.+ Laat die een wat sterf, sterf. En laat die een wat uitgewis word, uitgewis word.+ En wat dié betref wat oorbly, laat hulle elkeen die vlees van sy metgesel verslind.”+