46 “As hulle teen u sondig+ (want daar is geen mens wat nie sondig nie),+ en u op hulle vertoornd is en hulle aan die vyand oorlewer, en dié wat hulle gevange neem, hulle gevange wegvoer na die land van die vyand, ver of naby;+
4 Wee die sondige nasie,+ die volk swaar belaai met oortreding, ’n saad van kwaaddoeners,+ verderflike kinders!+ Hulle het Jehovah verlaat,+ hulle het die Heilige van Israel met minagting bejeën,+ hulle het agtertoe gedraai.+
2 Nee, maar dit is julle oortredings wat ’n skeiding tussen julle en julle God veroorsaak het,+ en julle sondes het veroorsaak dat sy aangesig vir julle verberg is, sodat hy nie hoor nie.+
13 “Mensekind, wat ’n land betref, as dit sonde teen my begaan deur ontrou te handel,+ sal ek ook my hand daarteen uitsteek en die stawwe daarvan verbreek waaraan ringvormige brode gehang word,+ en ek sal hongersnood+ daarin stuur en mens en mak dier daaruit uitroei.”+
4 deur jou bloed wat jy vergiet het, het jy skuldig geword,+ en deur jou drekgode wat jy gemaak het, het jy onrein geword.+ En jy bring jou dae nader, en jy sal tot by jou jare kom. Daarom sal ek jou ’n voorwerp van smaad vir die nasies en van bespotting vir al die lande maak.+