16 En ook het Manasʹse vreeslik baie onskuldige bloed vergiet,+ totdat hy Jerusalem van die een end tot die ander daarmee gevul het, behalwe sy sonde waarmee hy Juda laat sondig het deur te doen wat sleg was in die oë van Jehovah.+
34 Ook is daar aan jou some die bloedmerke van die siele+ van die onskuldige armes gevind.+ Nie by ’n inbraak het ek dit gevind nie, maar aan hulle almal.+
2 Vervloekinge+ en bedrog+ en moord+ en diefstal+ en egbreuk+ het toegeneem, en dade van bloedvergieting het aan ander dade van bloedvergieting geraak.+
37 “Jerusalem, Jerusalem, wat die profete doodmaak+ en dié stenig+ wat na haar gestuur is+—hoe dikwels wou ek jou kinders bymekaarmaak, soos ’n hen haar kuikens onder haar vlerke bymekaarmaak!+ Maar julle wou nie.+