6 En ek sal vrede in die land gee,+ en julle sal inderdaad gaan lê, sonder dat iemand julle laat bewe;+ en ek sal die gevaarlike wilde diere uit die land laat verdwyn,+ en geen swaard sal deur julle land trek nie.+
6 En die wolf sal ’n ruk by die lam bly,+ en die luiperd sal by die boklam gaan lê, en die kalf en die jong maanhaarleeu+ en die vetgevoerde dier almal bymekaar;+ en ’n blote seuntjie sal hulle lei.
9 Daar sal geen leeu wees nie, en die wrede wilde diere sal nie daarop kom nie.+ Nie een sal daarop aangetref word nie;+ en die teruggekooptes sal daarop wandel.+
25 “Die wolf+ en die lam sal saam wei,+ en die leeu sal strooi eet net soos die bul;+ en wat die slang betref, stof sal sy voedsel wees.+ Hulle sal geen kwaad doen+ of enige verderf aanrig op my hele heilige berg nie”,+ het Jehovah gesê.
18 En ek sal beslis in dié dag vir hulle ’n verbond sluit met betrekking tot die wilde diere van die veld+ en die voëls van die hemel en die kruipende diere van die aarde, en die boog en die swaard en oorlog sal ek uit die land verbreek,+ en ek sal hulle in veiligheid laat lê.+