3 Want Jehovah sal Sion beslis vertroos.+ Hy sal al sy verwoeste plekke vir seker vertroos,+ en hy sal sy wildernis soos Eden+ maak en sy woestynvlakte soos die tuin van Jehovah.+ Verheuging en blydskap sal daarin gevind word, danksegging en die stem van die melodie.+
12 En op jou aandrang sal mense beslis die plekke opbou wat al lank woes lê;+ jy sal selfs die fondamente van opeenvolgende geslagte oprig.+ En jy sal die heelmaker van die gaping+ genoem word, die hersteller van paaie waarlangs mense kan woon.
4 En hulle moet die plekke herbou wat al lank woes lê;+ hulle sal selfs die verlate plekke van vroeër tye oprig,+ en hulle sal beslis die verwoeste stede nuut maak,+ die plekke wat van geslag tot geslag verlate was.
14 En ek sal die gevangenes van my volk Israel laat terugkeer,+ en hulle sal die verwoeste stede bou en bewoon,+ en wingerde plant en die wyn daarvan drink, en tuine aanlê en die vrugte daarvan eet.’+