2 In die visioene van God het hy my na die land van Israel gebring en my eindelik op ’n baie hoë berg+ neergesit, waarop daar teen die suide iets soos ’n stad gebou was.+
20 Aan die vier kante het hy dit gemeet. Dit het ’n muur rondom gehad,+ met ’n lengte van vyfhonderd riet en ’n breedte van vyfhonderd riet,+ om ’n skeiding te maak tussen wat heilig en wat ongewyd is.+