2 In dié dag sal wat Jehovah laat uitspruit,+ tot sieraad en tot heerlikheid wees,+ en die vrug van die land sal iets wees om op trots te wees+ en iets pragtigs vir dié van Israel wat ontkom het.+
6 Dié dag het ek vir hulle my hand in ’n eed opgehef+ om hulle uit Egipteland uit te lei na ’n land wat ek vir hulle verken het, wat oorloop van melk en heuning.+ Dit was die sieraad van al die lande.+
16 En die een wat teen hom kom, sal doen net wat hy wil, en niemand sal voor hom standhou nie. En hy sal in die Sieraadland+ staan, en daar sal uitroeiing in sy hand wees.+
45 En hy sal sy paleistente tussen die groot see en die heilige Sieraadberg+ opslaan; en hy sal geheel en al tot sy einde moet kom,+ en daar sal vir hom geen helper wees nie.+