Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • 1 Samuel 7:3
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 3 En Samuel het vir die hele huis van Israel gesê: “As julle met julle hele hart tot Jehovah terugkeer,+ moet julle die vreemde gode uit julle midde verwyder+ en ook die Astoʹret-beelde,+ en julle moet julle hart onwrikbaar op Jehovah rig en hom alleen dien,+ en hy sal julle uit die hand van die Filistyne verlos.”+

  • 2 Kronieke 30:6
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 6 Toe het die hardlopers+ met die briewe uit die hand van die koning en sy vorste+ deur die hele Israel en Juda gegaan, ja, volgens die gebod van die koning, en gesê: “Kinders van Israel, keer terug+ tot Jehovah, die God+ van Abraham, Isak en Israel, sodat hy kan terugkeer tot dié van julle wat ontkom het+ en oorgebly het uit die palm van die konings van Assiʹrië.+

  • Jesaja 55:6
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 6 SOEK Jehovah terwyl hy gevind kan word.+ Roep hom aan terwyl hy naby is.+

  • Hosea 12:6
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 6 “En wat jou betref, tot jou God moet jy terugkeer,+ deurdat jy liefderyke goedhartigheid+ en geregtigheid+ bewaar; en hoop voortdurend op jou God.+

  • Joël 2:13
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 13 En skeur julle hart+ en nie julle klere nie;+ en keer terug tot Jehovah julle God, want hy is genadig en barmhartig,+ word nie gou toornig nie+ en is oorvloedig in liefderyke goedhartigheid,+ en hy sal beslis spyt voel oor die rampspoed.+

Afrikaanse publikasies (1975-2022)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2022 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel