36 Sewe dae lank moet julle ’n vuuroffer vir Jehovah aanbied. Op die agtste dag moet daar vir julle ’n heilige byeenkoms wees,+ en julle moet ’n vuuroffer vir Jehovah aanbied. Dit is ’n plegtige vergadering. Géén swaar werk mag julle doen nie.
18 En dag na dag is daar uit die wetboek van die ware God voorgelees,+ van die eerste dag tot die laaste dag; en hulle het die fees sewe dae lank gehou, en op die agtste dag was daar ’n plegtige vergadering, volgens die reël.+