20 So het dit tussen die kamp van die Egiptenaars en die kamp van Israel gekom.+ Aan die een kant was dit ’n wolk tesame met duisternis. Aan die ander kant het dit die nag bly verlig.+ En die hele nag deur het die een groep nie naby die ander groep gekom nie.
30 En hulle sal in dié dag daaroor grom soos met die gegrom van die see.+ En ’n mens sal na die land staar, en kyk! daar is angswekkende duisternis;+ en selfs die lig het donker geword weens die druppels wat daarop val.
16 Gee eer aan Jehovah julle God,+ voordat hy dit laat donker word+ en voordat julle voete op die berge in die skemer teen mekaar stamp.+ En julle sal beslis op die lig hoop,+ en hy sal dit diep skaduwee maak;+ hy sal dit in dik donkerheid verander.+
9 “‘En in dié dag’, is die woord van die Soewereine Heer Jehovah, ‘sal ek die son op die middaguur laat ondergaan,+ en ek sal duisternis oor die land bring op ’n helder dag.