7 Maar aan die huis van Juda sal ek barmhartigheid bewys,+ en ek sal hulle deur Jehovah hulle God red;+ maar ek sal hulle nie deur ’n boog of deur ’n swaard of deur oorlog, deur perde of deur ruiters, red nie.”+
3 Assiʹrië sal ons nie red nie.+ Op perde sal ons nie ry nie.+ En ons sal nie meer vir die werk van ons hande sê: “O ons God!” nie, want deur u word ’n vaderlose seun barmhartigheid bewys.’+
10 En ek sal beslis die strydwa uit Eʹfraim en die perd uit Jerusalem uitroei.+ En die strydboog+ sal vernietig word. En hy sal woorde van vrede vir die nasies spreek;+ en sy heerskappy sal van see tot see en van die Rivier tot aan die eindes van die aarde wees.+