5 Kyk! ’n Nasie wat jy nie ken nie, sal jy roep,+ en dié van ’n nasie wat jou nie geken het nie, sal na jou toe hardloop,+ ter wille van Jehovah jou God,+ en weens die Heilige van Israel,+ omdat hy jou versier het.+
2 En baie nasies sal beslis heengaan en sê: “KOM,+ en laat ons opgaan na die berg van Jehovah en na die huis van die God van Jakob;+ en hy sal ons omtrent sy weë onderrig,+ en ons sal in sy paaie wandel.”+ Want uit Sion sal die wet uitgaan en die woord van Jehovah uit Jerusalem.+
7 “‘En ek sal al die nasies skud, en die begeerlike dinge van al die nasies moet inkom;+ en ek sal hierdie huis met heerlikheid vul’,+ het Jehovah van die leërs gesê.
8 En die Skrifgedeelte, wat vooruitgesien het dat God mense van die nasies weens geloof regverdig sou verklaar, het vooraf die goeie nuus aan Abraham bekend gemaak, naamlik: “Deur middel van jou sal al die nasies geseën word.”+