2 En hy sal soos ’n takkie+ voor iemand opkom, en soos ’n wortel uit ’n waterlose land. Hy het nie ’n statige gestalte of enige prag nie;+ en wanneer ons hom sal sien, is die voorkoms nie sodanig dat ons hom sou begeer nie.+
5 “Kyk! Daar kom dae”, is die woord van Jehovah, “en ek sal vir Dawid ’n regverdige spruit verwek.+ En ’n koning sal beslis regeer+ en oordeelkundig handel en geregtigheid en regverdigheid uitoefen in die land.+
15 In dié dae en in dié tyd sal ek vir Dawid ’n regverdige spruit laat uitspruit,+ en hy sal beslis geregtigheid en regverdigheid in die land uitoefen.+
“‘Só het Jehovah van die leërs gesê: “Hier is die man+ wie se naam Spruit+ is. En hy sal uit sy plek uitspruit, en hy sal beslis die tempel van Jehovah bou.+