13 “Ek het in die nagvisioene gesien, en kyk! met die wolke+ van die hemel het iemand soos ’n seun van die mens+ gekom; en hy het toegang tot die Oue van Dae+ verkry, en hulle het hom tot naby, ja, tot voor Hom gebring.+
30 En dan sal die teken van die Seun van die mens+ in die hemel verskyn, en dan sal al die stamme van die aarde hulleself in weeklag slaan,+ en hulle sal die Seun van die mens met krag en groot heerlikheid op die wolke van die hemel sien kom.+