20 Hy het vir hulle gesê: “Weens julle kleingelowigheid. Want voorwaar, ek sê vir julle: As julle geloof het so groot soos ’n mosterdsaadjie, sal julle vir hierdie berg sê: ‘Gaan weg hiervandaan daarnatoe’, en hy sal weggaan, en niks sal vir julle onmoontlik wees nie.”+
21 Jesus het geantwoord en vir hulle gesê: “Voorwaar, ek sê vir julle: As julle maar geloof het en nie twyfel nie,+ sal julle nie net doen wat ek aan die vyeboom gedoen het nie, maar ook as julle vir hierdie berg sê: ‘Word opgelig en in die see gewerp’, sal dit gebeur.+
23 Voorwaar, ek sê vir julle dat elkeen wat vir hierdie berg sê: ‘Word opgelig en in die see gegooi’, en in sy hart nie twyfel nie, maar glo dat wat hy sê, sal gebeur, vir hom sal dit so wees.+