25 Toe het hy vir hulle gesê: “Waar is julle geloof?” Maar hulle was vreesbevange en verwonderd en het vir mekaar gesê: “Wie is hy tog, want hy beveel selfs die winde en die water, en dit gehoorsaam hom?”+
11 Toe het Jesus die brode geneem, en nadat hy gedank het, het hy dit uitgedeel aan dié wat daar gesit het, so ook soveel van die vissies as wat hulle wou hê.+
19 Maar toe hulle ongeveer vyf of ses kilometer geroei het, het hulle gesien hoe Jesus op die see loop en naby die boot kom; en hulle het bevrees geword.+